sep

17

Les nuits de Nacre, Tulle (France)

Pictures at an Exhibition

The Russian composer Modest Mussorgsky wrote this elaborate piano suite after visiting an exhibition of several hundred works by his friend and compatriot Viktor Hartmann in the St. Petersburg Academy of Fine Arts. The exhibition was organized in 1874, to commemorate the untimely passing of this painter and architect. Originally written for piano a considerable number of arrangements have been made of it for a variety of ensembles. TOEAC made their own arrangement for two bayans (concert accordions), drawing on both the piano version and Ravel’s orchestration: “We used the score of the former, and were inspired by the colouring and the phrasing from the orchestral version. Playing it on two accordions we can capture the intimacy and detail of subtle portraits and approach the massive sound of an orchestra where needed.”


sep

23

Kultur im Kreis, Gieboldehausen (Germany)

Fairly Tales

Duizend-en-één dromen
Er was eens… 
Een vegetarische wolf, 
die Assepoester naar het bal van de Bergkoning brengt, 
waar Roodkapje de Wolf een dodelijke peer aanbiedt.
Kan Klein Duimpje iedereen op de valreep redden, 
door op naaldhakken met Roodkapje af te rekenen….?
En ze leefden nog lang en gelukkig…?

Met befaamde muzikale sprookjes van E. Grieg, P. Tchaikovski, M. Ravel en A. Wammes.

mede mogelijk gemaakt door Fonds Podiumkunsten, BNG Cultuurfonds en Janivo Stichting
Volledige agenda

TOEAC.tueel

Stay in touch with Toeac, register now for the Toeac newsletter.
Naam 
E-mailadres 
 
Crowdfundingsactie geslaagd

Crowdfundingsactie geslaagd

Met 103% op de teller is de crowdfundingsactie voor de 'mobiele slagwerkfiets' geslaagd! De repetities voor de straattheatervoorstelling Pas de Deux met Sax & Stix en acrobatenduo Tom & Ayla zijn inmiddels in volle gang. Benieuwd? Kijk op onze agenda voor de speeldata. 


Bouw mee aan onze straattheatervoorstelling!

Bouw mee aan onze straattheatervoorstelling!

Sax & Stix en TOEAC dagen elkaar in hun nieuwe voorstelling uit tot een duizelingwekkende pirouette waarbij speelse balletmuziek uit de jaren ’20 van Parijs herleeft in hun zinderende voorstelling ‘Pas de Deux’! Deze gerenommeerde musici spelen de wervelende voorstelling al in talloze zalen en theaters.  Maar ze willen meer… 


Eva, Ramon, Renée en Pieternel willen met ’Pas de Deux’ ook het publiek omarmen dat de weg naar concertzalen nog niet heeft gevonden. Daarom gaat de voorstelling de komende zomer(s) naar het publiek toe; op festivals, markten en braderieën. 


Om dit mogelijk te maken, moet alleen de marimba verbouwd worden tot een heuse ’percussion-marimba-bike’, zodat Ramon al zijn kwaliteiten ook mobiel kan vertonen, en daarvoor vragen ze om uw hulp!


Klik op onderstaande link voor een donatie:


http://www.voordekunst.nl/vdk/project/view/3041-pas-de-deux


Concerten Zuid-Afrika in januari 2015

Concerten Zuid-Afrika in januari 2015

Concerten in Indonesië

Concerten in Indonesië

Debuut-concert Kopenhagen

Op 10 2014 september geeft TOEAC haar Debuut-concert in Kopenhagen als afsluiting van de studie 'Soloist Class' in Denemarken. 


Opening Mauritshuis

Het Mauritshuis in Den Haag opende 27 juni weer de deuren na een grootscheepse verbouwing van twee jaar. Koning Willem-Alexander verrichtte de opening, waarbij Vermeers wereldberoemde schilderij Meisje met de parel symbolisch welkom wordt geheten op het voorplein van het museum. Dit werd begeleid door acrobaten van de Ashton Brothers en muziek van o.a. TOEAC.  

Nieuwsbrief nov. 2013

Ontmoeting met Sofia Gubaidulina

Op 11 november hebben Pieternel en Renée de Russische componiste Sofia Gubaidulina mogen ontmoeten waarbij Pieternel het solowerk 'De Profundis' voorspeelde. 

Gubaidulina is één van de meest uitgevoerde componisten van deze eeuw. Voor het accordeon is zij van onschatbare waarde, gezien zij met haar werk het accordeon een vaste plaats in de klassieke muziekwereld heeft gegeven. 

Recensies concerttournee Zuid-Afrika

Recensie 13-10-2013 - Odeion (Bloemfontein) - Elretha Britz

Recensie 18-10-2013 - UNISA (Pretoria) - Paul Boekkooi



Recensie 13-10-2013 - Odeion (Bloemfontein) - Elretha Britz

Duo se akkordeonspel betowerend. Suksesvol boodskap

LOFLIEDERE oor dié twee Nederlandse musici met die verwarrende vanne het hulle vooruit geloop lank voordat hulle in Bloemfontein aangekom het, maar niks, nie eens die luister na hul twee CD’s, kon ’n mens voorberei op ’n lewende uitvoering nie.

Die akkordeon is ’n moeilike instrument, maar skynbaar nie vir Berkers en Bekkers nie.

Hul vingers beweeg blitsig en akkuraat oor die menigte knoppies terwyl hulle verskeie tegnieke inspan vir ’n variasie van klankkleure en emosie wat jy nie van ’n akkordeon verwag nie.

Die vroue se verbeeldingryke verwerkings het in Moessorgski se Prente op ’n uitstalling gekulmineer en dit is veral in die dramatiese dele dat die akkordeon se eiesoortige timbre ten beste ontgin is.

Juis vanweë dié timbre het Grieg se Holberg-suite ’n gewigtiger atmosfeer verkry, maar die vertolking het danksy die musici se musikaliteit steeds oortuig.

Werke wat spesiaal vir twee akkordeons geskryf is, soos Uitsig van ’n trein deur Ter Veldhuis, is ’n toonvenster vir die instrument se spektrum van moontlikhede, wat weer ’n platform bied vir die musici se byna grenslose vernuf. Daar is oënskynlik niks wat hulle nie uit ’n akkordeon kan optower nie.

’n Hoogtepunt in die eerste helfte was Strawinski se Petroesjka met sy markpleintonele wat in klankbeelde voor jou afspeel.

Berkers en Bekkers sê hulle tree soms as soliste op maar meestal as duo en net as jy so gereeld saam speel, kan ’n rapport ontwikkel wat tot so ’n hegte eenheid lei. Hul samespel is onverbeterlik.

Voeg hierby hul intense meelewing en buitengewone begaafdheid en jy kry ’n wêreldklas-uitvoering.

Wat ’n onvergeetlike belewenis.


Recensie 18-10-2013 - UNISA (Pretoria) - Paul Boekkooi

Daar was ’n tyd toe fotografie nie as ’n legitieme kunsvorm beskou is nie, ’n saxofoon slegs bedoel is om in rokerige jazzklubs gehoor te word, marimbas beperk is tot etniese saamtrekke en die akkordeon (trekklavier) liefs nie wyer ervaar moes word as op bierfeeste, by volkspele en in dekadente kabarethole nie.

Gelukkig verander persepsies geleidelik. Vir die Nederlandse akkordeonduo TOEAC, bestaande uit Pieternel Berkers en Renée Bekkers, word dié verandering op drieërlei wyses strategies “gestuur”: Hulle ontgin die bestaande repertorium vir hul instrument, verwerk beroemde bestaande komposisies vir eie gebruik en inspireer of gee opdragte aan lewende komponiste om nuwe werke vir hulle te skryf. Albei bespeel nou die sogenaamde knopies-akkordeon pleks van die konvensionele en minder uitdagende klawerbord-variant.

’n Opvallende verskil van hul vorige besoek in die lente van 2010 is die artistieke wasdom wat sedertdien ingetree het.Dit sluit veral ’n wyer omvang van musikale verfyning in. Dit kom veral na vore in die voltooiing van die volledige verwerking van Moessorgski se Prente op ’n uitstalling, asook die eerste toneel uit Strawinski se Petroesjka.

Om by die Moessorgski te begin: Om moeilik verklaarbare redes slaag TOEAC se verwerkte weergawe daarvan om die wêrelde van Victor Hartmann (skilder en argitek) en die komponis binne ’n meer outentiek Russiese ambiance te vestig.

Die oorspronklike klavierweergawe bly die moeder van alle uitdagings, maar in Ravel se orkestrasie daarvan is die oer-Russiese versag deur die voorbeeld wat Rimski-Korsakof in ander Moessorgski-orkestrasies gestel het.Die duisterheid, dreiging, desperaatheid, of elke ander aspek wat ’n mens in die werk se subteks sou kon ontdek – forsheid, vermetelheid, wildheid, intensiteit, maar ook plek-plek ’n ligte spel met kleure – het in Berkers en Bekkers se interpretasie getref.

In Strawinski het dié duo veral die balletmatigheid met hul ragfyne maar soms ook gepaste klankoormoedige spel geïllustreer. Die ensemblekoördinasie, die klankdinamiek en selfs die oomblikke van tipiese Strawinski-humor het ’n eie karakter daaraan verleen.

Vanselfsprekend klink Piazzolla se werk op geen instrument meer idiomaties as op die akkordeon of bandoneon nie. Die sterk kontraste in karakter tussen sy “SVP” en “Ave Maria” is manjifiek oorgedra, met respektiewelik die drif en siel van die akkordeon wat elk binnedring.

In Sebastiaan Klein se “Caricias” is daar ’n aandoenlike weemoedigheid wat nooit clichéagtig raak nie, terwyl hy duidelik weet hoe om die ongelooflik subtiele timbremoontlikhede van die instrument op ’n uitdagende manier te manifesteer, soos byvoorbeeld in die chromatiese neerdalende frase waarmee die werk afsluit.

Ewe fassinerend, maar ook heel anders betreffende stemming en ritmiese impulse, was Gerard Beljon se “(It takes 2) 2 tango”. Die sinryke atonale aspekte was eerder effektief as misleidend. Met die sensualiteit van dié instrument(e) het hy tussen impressionistiese en ekspressionistiese pole bly toor.







Concerttournee Zuid-Afrika